2024 Sportdag
Hokkie het ‘n fees.
Die afgelope naweek gedurende die Kÿto Karoofees het die HSDA- hokkiespanne meeding teen Sentraal (Beaufort West)
Albei ons spanne is onoorwonne. Die eerste span het 2-0 gewen en ons beginnerspan 1-0.
Die meisies het baie mooi gespeel en baie geleer. Ons sien uit na die hokkieseisoen.
HSDA-rugby skitter tydens Karoofees!
Hoërskool De Aar se rugbyspanne het die afgelope naweek teen Sentraal, Baeufort West, kragte gemeet.
Dit was ontsettend warm en skeidsregters het geleentheid gemaak vir waterbreuke. Dit was ook die eerste wedstryde vir die seisoen.
Die o.15B-span het met min voorbereiding oomblikke van briljantheid gehad, maar ongelukkig nie die mas opgekom nie en verloor 29 – 12.
Die o.15A-span het hul staal gewys en die wedstryd gemaklik 26 – 12 gewen.
Die o.17-rugby was eenvoudig net te sterk vir die span van Baeufort West en het hulle met 56 teenoor 0 oorrompel.
Die eerste span van HSDA het goed begin en goed geëindig. Hulle wen Sentraal 44 – 7.
Arend groete.
Rugby eerstespan wen Sentraal Beaufort Wes 44 -7
Rugby o.17 wen Sentraal
Rugby o.15A wen 26 - 12
Netbal vat vas.
Tydens die fees het agt van ons netbalspanne teen Sentraal (Beaufort West) en Victoria West Gekombineerd gespeel.
Dit was die heel eerste wedstryd wat die dogters vir die jaar gespeel het.
Almal was baie opgewonde en het gewys waarvan hulle gemaak is.
Die eerste netbalspan wen 20-16 teen Sentraal, die tweede netbalspan wen 11-7 teen Sentraal, die o.15-netbalspan wen 5-3 teen Sentraal.
Die ander spanne het ongelukkig verloor.
Die spanne sien uit na ‘n uitdagende tog prettige seisoen.
Geluk aan die spanne wat gewen het.
Netbal eerstespan wen 20-16
Netbal o.15B wen Victoria-Wes 5-3